Van skoolvriende tot sielsgenote
Ons storie begin op hoërskool, toe ons nog jong, onskuldig en heeltemal onbewus was dat ons eendag iets groots sou word. Wat begin het as ’n eenvoudige vriendskap – twee mense wat mekaar net altyd raakgesien het – het stadig maar seker ’n plek in ons harte begin maak.
Ons “dates” destyds was egter alles behalwe romanties. Dit was koffie-uitstappies en McFlurry-missies wat eintlik net ’n slim omkopery vir eksamen-opsommings was. Sy het hard geleer, hy het hard gekoop – en op een of ander manier het dit perfek gewerk.
Jare later, by ’n familietroue, het iets onverwags gebeur: ’n enkele kyk, ’n glimlag… en skielik was daar meer vonke as wat enigiemand kon voorspel. Dit was asof die heelal fluister: “Dis julle tyd.”
Vir ’n paar jaar het ons saam gegroei, geleer, liefgehad – tot die lewe besluit het om ons paaie vir ’n rukkie te laat skei. Maar soos enige goeie romcom weet: die regte mense vind mekaar weer wanneer die tyd reg is.
En dit het ons gedoen. Heeltemal onverwags, heeltemal natuurlik… en hierdie keer met geen twyfel nie.
Nou staan ons hier, besig om ons eie altyd te bou – sonder eksamens, sonder omkopery, net twee mense wat weet:
Ons is mekaar se tuiskoms.
Fynskrif
Inligting rakende ons dag
- DATUM: 18 April 2026
- TYD: 14:30 vir 15:00
- RSVP: 18 Januarie 2026
- DRAG: Semi-Formeel
- Vriendelike versoek om neutrale kleure te dra, maar asb geen wit of swart nie.
- Ons vier graag hierdie spesiale dag saam met die genoemde gaste op die uitnodiging — geen bykomende plus-ones, asseblief.
Tydlyn
Vloei van die dag
Trouregister
Jou teenwoordigheid op ons troudag is vir ons reeds ‘n geskenk. Sou jy egter iets wou gee, sal ‘n klein bydrae in kontant ons harte warm maak en help bou aan ons toekoms.
MS M BEYLEFELD
Capitec Savings account
2327405501











Nabygeleë Besienswaardighede
Wynproe
Naby verblyf
Aanbeveel
VENUE
- Deannie Landgoed
- Vlaeberg Road, Stellenbosch, 7600
- Kontantkroeg en Kaart Fasiliteite beskikbaar
- GEEN kos of drank van buite toegelaat
- www.deannielandgoed.co.za